Skip to content

Voedselprysinflasie neem effens toe

# Suid-Afrika se jaarlikse voedselprysinflasie het vir die eerste keer in nege maande toegeneem, hoewel dit steeds relatief laag bly. Statistiek Suid-Afrika sê voedselprysinflasie het van 0,9-persent in Julie tot 1,1-persent in Augustus gestyg. Algehele inflasie het ook effens toegeneem van 4,3-persent tot 4,4-persent. Kerninflasie, wat brandstof-, voedsel- en elektrisiteitspryse uitsluit, het egter effens verbeter van 4,2-persent tot 4,1-persent. Piesangs en uie was van die voedselprodukte wat die sterkste prysstygings oor die afgelope jaar getoon het, terwyl seisoen-vrugte en beet van die grootste prysdalings aangeteken het.