# Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het sy laaste toespraak voor die Algemene Vergadering gebruik om wêreldleiers aan te spoor om kunsmatige intelligensie te reguleer en om oorloë te beëindig. Guterres het gister in New York ‘n beroep gedoen op ‘n wêreldraamwerk om KI-risiko’s te bestuur, met onafhanklike toesig. Hy het ook ‘n einde aan konflikte in die Midde-Ooste en Oekraïne bepleit, en ‘n beroep gedoen op groter internasionale samewerking oor klimaatsverandering. Guterres, wat die VN vir ‘n dekade gelei het, sal aan die einde van Desember aftree.
Guterres vra vir beperkings op KI en ‘n einde aan oorloë