Skip to content

Rugby: Wiese in sy 50ste toets vir Suid-Afrika teen die Wallabies

# Rugby: Die agsteman Jasper Wiese speel Sondag sy 50ste toets vir Suid-Afrika nadat hy op die bank gekies is vir die kragmeting met die Wallabies in Perth. Die 30-jarige het sy buiging in 2021 gemaak. Die veelsydige senter André Esterhuizen voer die span aan in Siya Kolisi se afwesigheid en word die 68ste Springbok-kaptein. Afrigter Rassie Erasmus het slegs nege spelers behou in die groep wat die All Blacks in die laaste toets in Baltimore verslaan het om Rugby’s Greatest Rivalry te wen. Afskop is Sondagoggend kwart voor 12, Suid-Afrikaanse tyd.