# Gautengse polisie het tien verdagtes tussen 30- en 54-jaar gearresteer en op nege vuurwapens beslag gelê na ʼn skietery gisteraand in Cleveland, Johannesburg. Die polisiewoordvoerder, Tintswalo Sibeko, sê beamptes was op patrollie toe hulle ʼn Hyundai H100 met blou ligte en ʼn sirene onder verdagte omstandighede opmerk. Sy sê tydens ʼn agtervolging het drie verdagtes op die polisie losgebrand. Sibeko sê toe die voertuig stilhou, het twee verdagtes te voet van die toneel gevlug en ʼn derde verdagte is doodgeskiet:
Polisie arresteer tien verdagtes na skietgeveg in Cleveland, Johannesburg [KLANK]
ENG SibekoONCleveland