Skip to content

Verenigde Koninkryk dien eerste klag in wat verband hou met 1994-volksmoord in Rwanda

# Aanklaers in die Verenigde Koninkryk het die heel eerste keer ʼn klag teen ʼn persoon ingedien weens beweerde betrokkenheid by die 1994-volksmoord teen die Tutsi in Rwanda. Die 65-jarige dokter Vincent Brown, voorheen Vincent Bajinya, is aangekla van ‘n oortreding wat met volksmoord verband hou, en ses oortredings wat verband hou met moord as ‘n misdaad teen die mensdom. Die Britse Vervolgingsdiens sê hy het na bewering dade van moord en volksmoord beplan en aangehits waarna ander dit uitgevoer het. Brown sal vandag in die Westminster-landdroshof verskyn.