# Die Verkiesingskommissie sê aansoeke vir spesiale stemme vir November se plaaslike regeringsverkiesing is nou amptelik oop.
Geregistreerde kiesers wat nie op verkiesingsdag by hul aangewese stempunt kan stem nie, word aangemoedig om aansoek te doen om op ‘n voorafbepaalde dag te stem. Hierdie voorsiening is vir kiesers wat fisiek verswak, gestremd of swanger is of nie na hul stempunt kan reis nie. Die OVK sê aansoekers moet Suid-Afrikaanse burgers, geregistreerde kiesers en minstens 18-jaar oud wees.
Aansoeke open om spesiale stemme vir plaaslike verkiesing