# Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, het leefstyl-oudits gelas van ondersoekers van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, aanklaers en senior bestuurders van die Nasionale Vervolgingsgesag. Dit volg ná verdoemende getuienis voor die Madlanga-kommissie. Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid het slegs 16 nasionale en provinsiale regeringsdepartemente en staatsondernemings die eenheid die afgelope twee tot drie jaar versoek om leefstyl-oudits uit te voer. Mothibi het aan News24 gesê die oudits sal in fases ingestel word en begin met uitvoerende en bestuurspanne.
NVG-hoof Mothibi gelas leefstyloudits van amptenare