# Die Duitse kanselier, Friedrich Merz, sê hy sal nie bedank nie, al toon meningsopnames dat sy party, die sentrum-regse Christen Demokratiese Unie, in twee plaaslike verkiesings groot nederlae kan ly. Die verregse Alternatief vir Duitsland sal na verwagting die noordoostelike staat, Mecklenburg-Vorpommern, met 38-persent wen. In die ander verkiesing loop die linkse Die Linke-party in Berlyn voor met 26-persent. Merz noem die opname ʼn ramp vir sy party, maar beklemtoon dat hervorming om Duitsland se ekonomiese kwessies en diepe verdeeldheid aan te spreek, nou noodsaaklik is.
Duitse kanselier Merz op die agtervoet tewyl sy party moontlik verkiesing in twee state kan verloor