# Rugby: Die ervare tweemanskap, Pieter-Steph du Toit en Damian de Allende, sal nie Sondag in die Springbokke se eenmalige toetswedstryd teen Australië in Perth speel nie. Hulle is ná ‘n veeleisende werkslas vrygestel. Die afrigter, Rassie Erasmus, sê die toergroep beskik oor genoeg ervaring vir die wedstryd teen die Wallabies. Die wedstryd is vir albei spanne belangrik, aangesien die Wêreldbeker in 2027 in Australië aangebied word en die Bokke op 3 Oktober in hul openingswedstryd in Adelaide teen Italië te staan kom.
Rugby: Pieter-Steph du Toit en Damian de Allende gaan nie teen die Wallabies uitdraf nie