Skip to content

Creecy brei opruiming van Verkeersregisternommers uit

# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die proses uitgebrei om verkeersregisternommers wat tussen Januarie 2000 en Junie 2023 aan individue uitgereik is, te bevestig. Fase Een-B is gemik op die oorblywende verkeersregisternommers wat nog bevestig moet word, ná ‘n gesamentlike proses met Binnelandse Sake. Houers van dié nommers het 60 dae om op die eNatis-portaal te registreer en hul besonderhede in te dien vir bevestiging deur Binnelandse Sake. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê verkeersregisternommers wat nie suksesvol bevestig kan word nie, sal gekanselleer word: