Skip to content

COSATU vra versekering oor afgetrede soldate se mediese dekking [KLANK]

# Die vakbondfederasie COSATU, vra die regering om afgetrede militêre personeel te verseker hul mediese dekking is nie in die gedrang nie. Die vakbondfederasie is bekommerd oor berigte dat die mediese fonds vir oudlede van die Staandemag moontlik vanaf November nie sy verpligtinge sal kan nakom nie. COSATU sê sowat 21-duisend voormalige SANW-lede en hul afhanklikes kan geraak word. Matthew Parks van COSATU sê die Tesourie moet dringend aandag gee aan ‘n beraamde maandelikse tekort van 40-miljoen-rand:

ENG-ParksOnSANDFMedical