Skip to content

CrisisOnCall maan motoriste om waaksaam te bly ondanks ’n afname in kapings

# CrisisOnCall sê motoriste moet waaksaam bly, ten spyte van ‘n afname van 18-persent in voertuigkapings. Die jongste misdaadstatistiek toon dat drie-duisend-811 kapings, of ongeveer 42 per dag, tussen April en Junie aangemeld is. Byna 58-persent van die gevalle het in Gauteng voorgekom. Ruan Vermaak van die organisasie raai motoriste aan om waaksaam te bly, ‘n veiligheidsplan te hê en nie weerstand te bied indien hulle deur kapers gekonfronteer word nie. Vermaak waarsku ook bestuurders om nie na hulle huise te ry as hulle vermoed hulle word agtergevolg nie.