# Krieket: Die Proteas sal in die eendagreeks teen Australië sonder gevestigde boulers soos Kagiso Rabada, Lungi Ngidi en Ottneil Baartman mot klaarkom. Ngidi het ‘n besering opgedoen terwyl hy vandeesweek in ‘n plaaslike wedstryd vir die Titans teen die Dolphins gespeel het. Gerald Coetzee en Duan Jansen is vroeër by die nasionale groep ingesluit nadat Rabada en Baartman weens beserings moes onttrek. Die twintig-jarige snelbouler Nqobani Mokoena, wat onlangs sy eerste wedstryd vir die Proteas teen Namibië gespeel het, sal Ngidi vervang. Die eerste van die drie eendagwedstryde word Donderdag in Durban beslis.
Krieket: Proteas pak Australië sonder drie gereelde boulers in eendagreeks