Skip to content

Rugby: Springbokke sluit Wêreldbeker-voorbereiding af met wedstryd teen Fidji

# Rugby: Die Springbokke sluit hul voorbereiding vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi af met ʼn toets teen Fidji op die Polytec-stadion in Gosford, noord van Sydney in Australië op 18 September. Dit sal slegs die vierde keer wees dat die twee nasies kragte meet. Springbok-afrigter Rassie Erasmus glo Fidji sal sy span presies die regte soort uitdaging bied wat nodig is voor hulle hul titel begin verdedig. Die Bokke gaan in Australië probeer om ʼn geskiedkundige derde agtereenvolgende titel te buit.