# Die Security Personnel Party of South Africa gaan ʼn klagte by die Verkiesingskommissie indien oor die misbruik van staatshulpbronne vir party-politieke doeleindes. Die party beweer die ANC in Tshwane is van plan om metro-hulpbronne in Wyk 93 te gebruik in sy veldtog vir November se munisipale verkiesing. Woordvoerder Dimakatso Modipa sê munisipale hulpbronne behoort aan Tshwane se inwoners en moet openbare belang dien, nie die verkiesings-ambisies van enige politieke party nie.
Party gaan klagte indien by Verkiesingskommissie oor ANC se vermeende misbruik van Tshwane se hulpbronne