Skip to content

Krieket: Allan Donald het groot lof vir briljante jong Lions-bouler

# Krieket: Die gewese Protea-sterbouler Allan Donald het groot lof vir die jong Lions-naatbouler JJ Basson, wat onlangs die beste vertoning vir ‘n Suid-Afrikaanse bouler in ‘n eersteklas-buiging gelewer het. Die 18-jarige het 11 Bolandse paaltjies geneem in hulle KSA-vierdagwedstryd in Johannesburg. Donald, een van die Lions se afrigters, sê Basson het geboul met die volwassenheid van ‘n heelwat ouer speler met jare se ondervinding. Die jong bouler loop die Lions se huidige wedstryd teen die Knights in Bloemfontein mis omdat hy sy matriek-proefeksamen skryf.