Skip to content

Sokker: Williams het sy oog op wedstryd teen PSG terwyl Sundowns teen Al-Ahli te staan kom

# Sokker: Mamelodi Sundowns se kaptein Ronwen Williams sê ‘n moontlike eindstryd in die FIFA-Interkontinentale beker teen Paris Saint-Germain is hulle uiteindelike doelwit. Die “Brazilians” moet Saterdag eers teen die Asiatiese kampioen, Al Ahli Saudi FC, op Loftus Versfeld wen. Sundowns het vir die toernooi gekwalifiseer deur die CAF-kampioeneliga te wen. Williams het sy spanmaats gewaarsku dat kanse teen Al-Ahli beperk sal wees en Ivan Toney en Francisco Trincão is ‘n bedreiging, ‘n aanvalsduo wat in die Saoedi-proliga as dodelik bestempel word. Die afskop is om 3-uur die middag.