# Tennis: Charlotte in Noord-Carolina, Amerika, is van volgende jaar tot 2029 die WTA-eindtoernooi se nuwe tuiste. Die laaste toernooi van die seisoen met die top-agt vroue-enkelspelers en dubbelspel-spanne word in die Spectrum-sentrum gespeel. Vanjaar s’n vind in November in Indian Wells, Kalifornië, plaas nadat die omstrede ooreenkoms om dit in Saoedi-Arabië aan te bied, ʼn jaar vroeër beëindig is. Die WTA se voorsitter, Valerie Camillo, sê hulle wil die Super Bowl van vrouesport skep en bestendigheid bring.
Tennis: WTA-eindtoernooi word van volgende jaar in Charlotte aangebied