Skip to content

Rugby: Gewese Engelse losskakel glo dit sal iets besonders verg om Bokke in Wêreldbeker te klop

# Rugby: Die gewese Engelse losskakel Stuart Barnes sê dit sal ‘n span aangevoer deur ‘n talentvolle speler soos Ardie Savea van Nieu-Seeland of Antoine Dupont van Frankryk vereis om die Springbokke in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi te klop. Suid-Afrika gaan volgende jaar in Australië probeer om ‘n ongeëwenaarde derde agtereenvolgende titel te wen. Barnes skryf in die Britste Sunday Times die Bokke se organisasie is hul sterkste punt. Hy het Kurt-Lee Arendse, Damian Willemse en Cheslin Kolbe geprys vir hul ratsheid, en Damian de Allende vir sy bestendigheid.