# President Donald Trump van Amerika dreig om “streng tariewe” in te stel of handel met die Europese Unie te staak indien Kanada dié blok se eerste assosiaatlid word. Kanada is tans in ʼn handelsoorlog met Amerika gewikkel, wat veroorsaak dat Ottawa nouer ekonomiese en veiligheidsbande met Europa soek. Trump, wat herhaaldelik voorgestel het dat Kanada Amerika se 51ste staat word, sê die EU-plan is lagwekkend en ʼn vyandige daad. Volgens ʼn onlangse meningspeiling is 80-persent Kanadese ten gunste van sterker bande met die EU.
Trump dreig om handel met Europa te staak indien Kanada deel van die EU word