Skip to content

Fidji verklaar MIV ’n nasionale krisis terwyl gevalle skerp toeneem

# Fidji het ʼn nasionale MIV-noodtoestand afgekondig. Tans leef een uit elke 60 mense met die virus, terwyl nuwe gevalle skerp styg. Vyf jaar gelede was die syfer een in 167. Volgens UNAIDS was slegs 39-persent van die geraamde nege-duisend-100 mense in Fidji wat in 2025 MIV-positief was, bewus van hul status en slegs 22-persent het antiretrovirale behandeling ontvang. Tussen 2010 en 2025 het die nuwe gevalle twaalfvoudig toegeneem. Fidji se Gesondheidsministerie sê die verklaring erken die erns van die epidemie en dat ʼn gekoördineerde reaksie dringend nodig is.