# Minstens 21 mense, waaronder elf kinders, is dood nadat ‘n gebou wat deur Israelse aanvalle beskadig is, in Gazastad ineengestort het. Daar word gevrees dat nog tientalle mense onder die puin vasgekeer is. Ongeveer 100 daklose Palestynse gesinne het in die gebou van verskeie verdiepings wat deur bomaanvalle verwoes is, ‘n heenkome gevind. Sowat 1,9-miljoen Palestyne in Gaza is tydens die oorlog dakloos gelaat. Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram het gewaarsku dat ongeveer 400 ander geboue in Gaza wat deur die oorlog beskadig is, ‘n onmiddellike risiko inhou om ineen te stort, veral met die naderende winter.
Gebou in Gaza wat in oorlog beskadig is, stort ineen en eis die lewens van meer as 20 mense, insluitend kinders