# President Cyril Ramaphosa is weens gesondheidsprobleme vrygestel van openbare verpligtinge. Die Presidensie sê sy mediese span hom aangeraai om te rus en te herstel nadat hy Maandag van die BRICS-beraad in Indië teruggekeer het. Volgens die Presidensie het die president, waar moontlik, die betrokke ministers gevra om hom by geskeduleerde openbare geleenthede te verteenwoordig. Intussen het adjunkpresident Paul Mashatile, wat ‘n geringe mediese prosedure ondergaan het, aangedui dat sy herstel goed vorder. Dit is egter nog onduidelik wanneer hy sy pligte sal hervat.
President Ramaphosa verskoon van openbare verpligtinge weens gesondheidsprobleme