Skip to content

Bykans R1-miljard aan skoolbefondsing bly onbetaald in Gauteng

# Die Gautengse Departement van Onderwys skuld meer as twee-duisend skole ongeveer 971-miljoen-rand aan onbetaalde befondsing. News24 berig die geld is bedoel vir handboeke, instandhouding en ander basiese skoolbehoeftes. Die departement het gesê kontantvloeiprobleme het tot die vertragings gelei en dat betalings gemaak word namate fondse beskikbaar raak. Daar word bykans 473-miljoen-rand aan die armste skole geskuld, terwyl spesiale skole ongeveer 251-miljoen-rand geskuld word. Die departement beplan om die uitstaande betalings vir Mei voor 15 November af te handel.