# Die DA sê die Verkiesingshof se weiering van die ANC se appèlaansoek oor die laat indiening van kandidatelyste bevestig verkiesing-spertye moet nagekom word en dieselfde reëls geld vir alle politieke partye. Woordvoerder Ashor Sarupen sê die ANC is onder toenemende druk, binne en buite die party, oor wat hy as ‘n ernstige administratiewe mislukking beskryf. Hy sê die hofsaak het geen meriete gehad nie en was eerder ‘n poging om die party se beeld te beskerm. Sarupen sê die OVK kan nou die finale kandidatelyste bekend maak.
DA verwelkom Verkiesingshof se uitspraak oor ANC se laat indiening van kandidatelyste