Skip to content

SA Sakekamer waarsku handelstoestande herstel, maar bly steeds taai

# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid sê handelsomstandighede het in Julie en Augustus effens verbeter, maar bly uitdagend. SACCI meld dat sy aanwysers vir huidige toestande herstel het van 35 in Junie tot 42 in Augustus. Die kamer se uitvoerende hoof, Alan Mukoki, waarsku dat stygende ru-oliepryse sake-insetkoste kan verhoog en besteding kan raak. Intussen het verbruikersinflasie in Julie tot 4,3-persent verlangsaam. Mukoki sê verwagtinge vir die volgende ses maande bly positief, met die indiensnemingsaanwyser wat van 40 in April tot 64 in Augustus gestyg het.