# Die Wêreldlughaweraad, wat meer as twee-duisend-200 lughawens verteenwoordig, vra ‘n wêreldwye hersiening van lughawens se stelsel vir die toewysing van lughawe-plekke wat landings en opstygings reguleer. Die raad sê die stelsel, wat meer as 50 jaar gelede ontwikkel is, voldoen nie meer aan die vereistes van moderne lugvaart nie. Hy waarsku dat die aantal oorlaaide lughawens die afgelope dekade met meer as 25-persent toegeneem het, terwyl verwag word dat passasiersverkeer die volgende 20-jaar byna sal verdubbel. Die raad dring daarop aan dat reguleerders deursigtigheid, mededinging en toegang verbeter.
Wêreldlughaweraad vra wêreldwye hervorming van die lughawe-plekstelsel