Skip to content

Saoedi-Arabië beloof wraak nadat ‘n Houthi-hommeltuig naby Mekka afgeskiet is

# Die ⁠Saoedi-geleide militêre koalisie sê hy gaan die nodige afskrikmaatreëls instel teen die Irans-gesteunde Jemeense rebellegroep, die Houthi’s. Dit volg nadat ʼn Houthi-hommeltuig gister aan die buitewyke van Islam se heiligste stad, Mekka, afgeskiet is. Dis die eerste keer dat die rebellegroep Mekka teiken sedert ʼn ballistiese missiel in 2017 onderskep is. Die koalisie se woordvoerder, Turki al-Malki, sê die veiligheid van Islam se twee heiligste stede en van pelgrims is ʼn rooi streep. Hy sê hierdie doelbewuste optrede wil die gevoelens van miljoene Moslems uitlok.