# Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, het opdrag gegee dat die aanklagte teen die geskorste Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, teruggetrek word. Hy is aangekla van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met die omstrede Medicare24-tender van 228-miljoen-rand waarby die vermeende misdaadbaas, Vusimuzi “Cat” Matlala, betrokke is. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê Mothibi se besluit volg ná ʼn hersiening van die saak en bewyse deur die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie:
NVG-hoof sê aanklagte teen Polisiekommissaris Fannie Masemola moet teruggetrek word [KLANK]
ENG KganyagoOnMasemolaDecision