Skip to content

Wes-Kaapse regering sê die beskerming van die osoonlaag kan help om klimaatsverandering te beveg

# Die Wes-Kaapse regering moedig inwoners aan om verantwoordelike keuses ten opsigte van die omgewing te maak om te help om die osoonlaag te beskerm en skade aan die klimaat te verminder. Dit is vandag Wêreldosoondag en die regering versoek die publiek om waar moontlik, energiedoeltreffende tegnologieë te gebruik en skoner energie te ondersteun. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê eenvoudige stappe, soos om afval en onnodige verbruik te verminder, kan help om die omgewing te beskerm, luggehalte te verbeter en ‘n gesonder toekoms te ondersteun.