# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê hy wag steeds vir ‘n ondersoekbeampte om aangewys te word nadat hy ‘n saak geopen het oor die voormalige polisiehond Sky. Cameron sê Sky het ernstige beserings opgedoen in die Roodeplaat-dierehospitaal in Pretoria en is verlede week van kant gemaak. Hy vra ook dat amptenare wat moontlik by die saak betrek word, onthef word van diereversorgingspligte. Cameron het die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat versoek om ‘n onafhanklike ondersoek te oorweeg.
Ian Cameron eis antwoorde oor vertraging in ondersoek na voormalige polisiehond Sky