# Die geskorste misdaadintelligensie-lid, sersant Fannie Nkosi, wil hê die Nasionale Vervolgingsgesag moet die aanklagte teen hom heroorweeg. Hy het vlugtig in die Landdroshof in Pretoria-Noord voorgekom waar hy teregstaan op aanklagte in verband met vuurwapens en regsverydeling ná ‘n polisieklopjag op sy woning in April. Nkosi word ook daarvan beskuldig dat hy homself as ‘n senior polisie-offisier voorgedoen en dagga gesteel het in Thohoyandou. Sy regsverteenwoordiger, Katlego Raleho, sê skriftelike vertoë sal binne die volgende twee weke aan die direkteur van Openbare Vervolgings voorgelê word.
Saak teen beleërde sersant Fannie Nkosi uitgestel vir verdere vertoë