Skip to content

Motorsport: Nuwe Spaanse Grand Prix-renbaan verander vir meer verbysteekgeleenthede

# Motorsport: Die organiseerders van die Formule Een Spaanse Grand Prix is ​​gereed om die nuwe Madring-renbaan vir volgende jaar te verander ná die afgelope naweek se openingswedren. Renjaers het gekla oor die gebrek aan verbysteek-geleenthede, terwyl toeskouers op sosiale media ook krities was oor toegang tot die terrein en geriewe. Die Madring se besturende direkteur, Luis Garcia Abad, sê die beheerligganaam, F-I-A, het dit duidelik gemaak hoe die baanontwerp verbeter kan word, en sê daar is ruimte om verbeterings aan te bring.