# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie verwelkom die polisie en spesialis-wetstoepassings-eenhede se suksesse teen dwelmhandelaars die afgelope week. Die Wes-Kaapse polisie het beslag gelê op 57-duisend Mandrax-tablette en vyf kilogram kokaïen van ongeveer 5,85-miljoen-rand. ‘n Vermeende dwelmlaboratorium met ‘n waarde van sowat 100-miljoen-rand is in Erasmia, Tshwane, ontdek. Voorsitter Ian Cameron sê hierdie welslae is presies waarom die komitee aanhou veg vir basiese noodsaaklikhede soos funksionele polisievoertuie, waarsonder geregsdienaars nie dwelmnetwerke kan aanpak nie.
Parlementêre komitee op Polisie verwelkom SAPD se beduidende suksesse teen dwelmhandel