Skip to content

Studie verbind lugbesoedeling met hoër risiko vir long- en breinvliesonsteking

# ’n Suid-Afrikaanse studie verbind lugbesoedeling met ’n hoër gevaar vir longontsteking, bloedvergiftiging en breinvliesontsteking. Die studie het 59-duisend gevalle van pneumo-kokkus-siekte ontleed, wat ’n ernstige bakteriële besmetting is wat longontsteking, meningitis en bloedbesmetting kan veroorsaak. Dis gedoen deur die Wellcome Sanger-instituut, die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en ander medewerkers. Woordvoerder Anne von Gottberg sê die bevindinge toon dat luggehalte ’n groot invloed op gesondheid het, en sy bepleit verbeterde monitering in hoërisikogebiede.