# Rugby: Die Wallabies-afrigter Les Kiss het ‘n groep van 34 spelers aangekondig vir die 27ste se eenmalige toets teen die Springbokke in Perth, met die verrassende terugkeer van Jordan Petaia. Die veelsydige agterspeler het laas in 2023 in die Wêreldbeker-toernooi vir Australië uitgedraf. Die losskakel Harry McLaughlin-Phillips is opgeroep vir sy moontlike eerste toets in die plek van die beseerde Carter Gordon. Stut Zane Nonggorr keer ook terug nadat hy van ‘n ligte besering herstel het. Kiss sê die Wallabies sien uit na die uitdaging om Suid-Afrika voor ‘n tuisskare te pak.
Rugby: Jordan Petaia terug in Wallabies-groep vir Springbok-toets in Perth