# Agtien mense is dood in ʼn botsing op die N1 tussen Prins Albertweg en Leeu-Gamka in die Wes-Kaap. Twee minibustaxi’s en ʼn stasiewa was in die ongeluk betrokke. Drie mense is ernstig beseer. Die Departement van Mobiliteit se woordvoerder, Muneera Allie, sê die N1 bly in albei rigtings gesluit. Sy het motoriste aangeraai om die alternatiewe roete te gebruik oor Prins Albertweg-stasie, die R407 na die N12, en dan na Beaufort-Wes:
Ongeluk op N1 in Wes-Kaap eis 18 lewens [KLANK]
ENG AllieOnFatalies