# Rugby: Die Springbokke het hul hoogste puntetotaal ooit op die wêreldrugbyranglys bereik ná hul sege van 43-28 oor die All Blacks in Baltimore. Die oorwinning het die reeks met 3-1 beklink en aan Suid-Afrika nog 0,75 ranglyspunte besorg. Hul voorsprong boaan die wêreldranglys is nou verder vergroot met ‘n totale puntetelling van 95,09. Dit is die Bokke se hoogste totaal sedert die ranglys in 2003 ingestel is. Nieu-Seeland is steeds tweede, met Ierland derde, Frankryk vierde en Engeland vyfde.
Rugby: Springbokke op hoogste punte in geskiedenis van Wêreldrugby-ranglys