Skip to content

Vervalste goedere van meer as R9-miljoen gekonfiskeer tydens klopjag in Marabastad [KLANK]

# Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het op nagemaakte goedere ter waarde van meer as nege-miljoen-rand beslag gelê tydens ‘n multidissiplinêre operasie in Marabastad, Pretoria. Meer as tienduisend nagemaakte items, insluitend handelsmerk-sportklere, skoene, skoonheidsmiddels en selfone, is tydens die weeklange optrede gekonfiskeer. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die klopjag was deel van voortgesette landwye pogings om die onwettige handel, vervaardiging en verspreiding van nagemaakte en onwettige goedere in Suid-Afrika te ontwrig en te ontbloot:

AFR WykONCounterfeit