# Die waarnemende polisiekommissaris, Fred Kekana, sê ʼn multidissiplinêre taakspan is aangewys om ʼn moontlike verband te ondersoek nadat die liggame van vier vroue in Kemptonpark aan die Oos-Rand gevind is. Die eerste slagoffer, ʼn 37-jarige vrou, se naakte liggaam is op 15 Julie naby die R-21 gekry. Die tweede slagoffer, ʼn 32-jarige vrou, is op 24 Augustus ontdek. Die liggaam van ʼn ongeïdentifiseerde vrou in ʼn gevorderde staat van ontbinding is op 10 September opgespoor. Kekana sê die vierde liggaam is op 12 September gevind:
Taakspan ondersoek moontlike verband tussen moorde op vier vroue in Kemptonpark [KLANK]
ENG KekanaOnLinks