# Motorsport: Die Mercedes-renjaer, Kimi Antonelli, het die Spaanse Grand Prix gewen en met nege wedrenne oor, sy voorsprong in die bestuurderskampioenskap vergroot. Die Italianer het voordeel getrek nadat Lando Norris van McLaren in die kuipe moes stop, en sy agtste oorwinning van die seisoen behaal. Red Bull-renjaer Max Verstappen is tweede, Norris is derde en Charles Leclerc van Ferrari is vierde. Antonelli is nou 81 punte voor sy spanmaat, George Russell, wat vyfde is en 101 punte voor Ferrari-renjaer, Lewis Hamilton, wat vroeg weens remprobleme moes onttrek.
Motorsport: Antonelli versterk kanse op kampioenskap met sege in Spaanse Grand Prix