# Die MK-party het volgens berigte ‘n finansiële krisis wat kan verhoed dat hy sy manifes voor die plaaslikeregeringsverkiesing in November bekendstel. Senior partylede het aan die Sunday Times gesê die party se finansiële probleme het vererger nadat die finansiële beheer gesentraliseer is. In Julie het die president van die party, Jacob Zuma, finansiële beheer oorgeneem nadat hy alle ondertekeningsbevoegdhede van alle partyamptenare ingetrek het. In die binnekringe word gevrees dat die party nie ‘n verkiesingsveldtog sal kan voer nie.
Die MK-party het volgens berigte ‘n finansiële krisis voor die plaaslikeregeringsverkiesing