# Rugby: Rassie Erasmus sê die Springbokke se oorwinning van 43-28 oor die All Blacks in Baltimore was nouer as wat die telling aangedui het. Die Springbok-afrigter sê hy het gevoel die uitslag het tot die laaste tien minute in die weegskaal gehang. Hy het lof vir Nieu-Seeland se terugvegpoging nadat Suid-Afrika vroeg in die tweede helfte ‘n voorsprong van 15 punte opgebou het. Erasmus sê Kurt-Lee Arendse se langafstand-drie was die keerpunt. Die vleuel se spoed en aanvallende bydrae het gehelp om die momentum te laat kantel en die reeks-oorwinning te verseker.
Rugby: Rassie Erasmus sê die Springbokke se oorwinning oor die All Blacks was nouer as wat die telling aandui