# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, sê Suid-Afrika en China sal samewerking op sleutelgebiede van wetenskap en tegnologie versterk. Dit sluit in kunsmatige intelligensie, gesamentlike navorsingsentrums, ruimtewetenskap en sterrekunde, kwantumrekenaars, kuberveiligheid, openbare betrokkenheid en jeugontwikkeling. Nzimande het tydens die 19de Pujiang Innovasieforum in Sjanghai bygevoeg dat die twee lande ook hul gesamentlike Jong Wetenskaplikes-uitruilprogram sal uitbrei. Nzimande sê samewerking met China bly ‘n kritieke komponent van Suid-Afrika se bilaterale verhouding met die land.
Suid-Afrika en China gaan samewerking op sleutelgebiede van wetenskap versterk