# Die Wes-Kaapse regering verskerp sy reaksie op tuberkulose, met meer as 53-duisend aktiewe gevalle wat teen verlede maand aangemeld is. Die provinsiale Gesondheidsdepartement het TB-toetsing uitgebrei, veral vir hoërisikogroepe, en bied voorkomende behandeling aan vir kinders wat aan die siekte blootgestel is. Inwoners word versoek om getoets te word as hulle TB-simptome het of blootgestel is aan iemand met TB, terwyl persone wat gediagnoseer word dadelik met behandeling moet begin en dit voltooi.
Reaksie op tuberkulose versterk met meer as 53 000 gevalle in Wes-Kaap aangemeld