# Die leier van RISE Mzansi en voorsitter van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Songezo Zibi, sê die grootste uitdaging waarmee plaaslike regering worstel is ‘n gebrek aan aanspreeklikheid. Zibi het tydens ‘n paneelbespreking oor die toekoms van metro’s gesê die Ouditeur-Generaal se bevindings het ten doel om die werklike skade weens swak bestuur uit te wys, maar munisipale rade versuim herhaaldelik om op dié waarskuwings te reageer. Hy sê wanneer interne toesig nie ernstig opgeneem word nie, vererger diensleweringsprobleme, en hy vra beter munisipale bestuur:
Rise Mzansi waarsku oor swak munisipale verantwoordbaarheid [KLANK]
ENG-ZibiOnMunicipalities