# Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die twee toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. Twee-duisend-977 slagoffers is daardie dag dood. Die Amerikaanse leër het Al Kaïda-leier, Osama Bin Laden, in 2011 in Pakistan doodgemaak. Die vermeende baasbrein agter 9/11, Khalid Sheikh Mohammed, is steeds in die tronk nadat hy in 2003 aangekeer is. Families sal vandag by die Nasionale 11 September Gedenkteken- en Museum-plein in Laer-Manhattan byeenkom vir ʼn herdenkingseremonie.
Vandag is die 25ste herdenking van die 9/11-terroriste-aanval op die Wêreld-handelsentrum