Skip to content

Atletiek: Prysgeld van R160-miljoen vir eerste Wêreldatletiek-Ultimate kampioenskap

Atletiek: Prysgeld van meer as 160-miljoen rand is op die spel tydens Wêreldatletiek se Ultimate kampioenskap, wat vandag in Boedapest in Hongarye begin. Sowat 380 atlete neem deel, waaronder ses Suid-Afrikaners. Die mans-wêreldrekordhouer in paalspring, die Sweeds-Amerikaanse atleet Mondo Duplantis, is een van die groot trekpleisters. Daar is geen kwotastelsel vir lande nie, met deelname uitsluitlik gegrond op prestasie. Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, sê die byeenkoms is geskep om te verseker elke seisoen word met ‘n groot internasionale kampioenskap afgesluit.