Skip to content

Rusland se nuwe straalaangedrewe hommeltuie oortref Oekraïne se lugverdediging

# Rusland maak toenemend gebruik van vinniger, straalaangedrewe hommeltuie om teikens in Oekraïne aan te val. Oekraïne se Weermag het aan die BBC gesê die aantal aanvalle met straalaangedrewe hommeltuie het toegeneem van 350 in Junie tot een-duisend-600 in Julie en twee-duisend-800 in Augustus. Dit vlieg teen meer as 480-kilometer per uur, aansienlik vinniger as die ouer skroef-aangedrewe modelle en meer as die topspoed van Kiëf se onderskeppings-vermoë. Die Oekraïnse president, Volodimir Zelenski, sê dis gebruik in aanvalle op 1 September waarin minstens 12 mense dood en 20 beseer is.