Skip to content

Vyf sterf en 87 vermis na brand op veerboot in Filippyne uitbreek

# Minstens vyf mense is dood en 87 word vermis nadat ʼn brand op ʼn veerboot in die Filippyne uitgebreek het. Die MV June Aster het met 134 passasiers en bemanning uit die Manila-hawe vertrek en suidwaarts na Coron in die toeriste-provinsie Palawan gevaar toe die brand uitbreek. Kaptein Noemi Cayabyab van die Filippynse kuswag sê nooddiens-spanne het 42 oorlewendes, wat 38 passasiers en vier bemanningslede insluit, veilig uit die gebied verwyder. Die oorsaak van die brand word ondersoek.